Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers
Moenie wag nie
Weg! Ry & Sleep
Ditsem, Karoo! • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by 🖰 rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
Waterkaskenades in die Klein-Karoo
ELXV nou in die Kaap
Ses is beter as vier
Mahindra hou jolyt!
Nóg Chinese rygoed op pad
Voor in die koor • BorderX se nuwe vlagskipmodel is die toonbeeld van ’n weelderige woonwa.
’n Droom kry wiele • Krafted Kampers is ’n nuwe wabouer, en sy Canyon 01-model is die resultaat van ’n jare lange droom.
Plaaslike kragman • BAIC het bevestig hy gaan sy nuwe B30-sportnuts in Suid-Afrika bou. Cyril Klopper neem die syfers onder oë.
Jou baas se bussie • Die GAC M8 Master noem homself Suid-Afrika se eerste inprophibriede bussie. Cyril Klopper bekyk hom van nader.
Alles reg op Albertinia • Albertinia is soveel meer as net ’n vinnige stilhouplek langs die N2 om tenk vol te maak op pad Tuinroete toe. Kom saal vir ’n dag of drie af – hier is twee ordentlike kampplekke.
Skop stof op Vleisfees toe • Die nuwe Renault Duster het ’n groot paar skoene om vol te staan. Sy voorganger was ’n stapelvoertuig vir kostebewuste kopers, veral onder pasafgetrede avontuurlustiges wat die laaste keer karkoop. Ons ry met hom Vleisfees toe om te kyk hoe hy vaar.
Kruip luuks weg • Soms raak ’n mens moeg vir die mensdom, en dan is die enigste raad om te gaan kamp op ’n plek waar dit voel of jy alleen is. Hier is vyf klein kampplekke waar elke staanplek sy eie kombuis- en badkamergeriewe het.
Magiese migrasies • As jy lus voel om ’n groot dieremigrasie te beleef, hoef jy nie jou neseier te plunder vir ’n reis na Oos-Afrika nie. Soos hierdie klompie medereisigers kan getuig, is hier drie baie indrukwekkende migrasies so te sê op jou voorstoep.
Dagbesoekers welkom • Volg die Franschhoekpas uit die Boland tot by die Riviersonderendvallei en beleef van daar af die oeroue Van der Stelpas tot in die Overberg.
Nóg ’n kampreis om te onthou • Vir hulle onlangse kampavontuur het hulle sommer vier van Suid-Afrika se bekendste bestemmings op een sirkelroete ingesluit, vertel Johan en Elmare van Staden van Parow.
Elke hond kry sy dag! • Gee jou beste vriend ’n blaaskans en vat hom saam na een van hierdie troeteldiervriendelike kampplekke toe.
Bomwerper of vegvliegtuig? • In hierdie uitgawe toets ons, soos altyd, iets met vier wiele. Dié slag is dit net in die vorm van twee GS-motorfietse. Die een span allerlei tegnologiese wonders in om jou landreis maklik te maak, terwyl die ander een herinner aan die dae toe motorfietse eenvoudiger was.
Gebou vir sleep • Hy is deesdae dalk effens sagter op die oog as sy hoekige voorganger, maar die Land Rover Defender is steeds sy sout werd met ’n wa op die haak.
Vierwielwa • Die nuwe Infanta Enkulu 4 se ekstra as bied veel meer as net twee ekstra wiele.
4x4-wanopvattings • Daar is baie wyshede, lesse en goeie gebruike te leer wanneer ’n mens oor die 4x4-wêreld gesels, maar daar is ook slegte gewoontes en verkeerde raad.
Klere vir kampkaskenades • Kortbroeke en T-hemde is lekker vir vakansies, maar vir ’n avontuur in die boendoes het jy iets nodig wat meer duursaam is.
Tussenin lekkerte • Almal is gek oor ’n smaaklike vulsel – in enigiets van ’n toebroodjie tot ’n tortilla.
BLOKRAAI • Hierdie blokraai is nét die ding om jou brein ’n bietjie te laat oefen terwyl jy rustig in jou kampstoel agteroorsit. Navorsing het...