Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Hond se Gedagtes by Media 24 Ltd - Available

Hond se Gedagtes

Hond se Gedagtes
Magazine

Hond se gedagtes is vir almal wat glo ’n hond is méér as net ’n troeteldier - dis ’n familielid. In hierdie unieke tydskrif skyn die kollig op die wonderlike wêreld van honde. Van hoe om die regte ras vir jou leefstyl te kies, tot praktiese wenke oor hoe om ’n hond groot te maak, gesondheid en gedrag – dit word met warmte en kundigheid aangepak. Ons kyk ook na die moeilike oomblikke, soos wanneer dit tyd raak om totsiens te sê, en vier die mooi ook - van modes en resepte vir jou vierpotige vriend. Hond se gedagtes is die inspirasie, kennis en liefde wat elke honde-eienaar nodig het om die beste maat vir sy woef te wees.

HERMAN SÊ …

REDAKSIONELE SPAN

HOND SE GEDAGTES • ’n Afrikaanse diere-idioom en uitdrukking wat beteken “agterdogtig raak”

ONTMOET DIE KENNERS • Ons het met vooraanstaande gedragskenners, spesialis-veeartse, hondeversorgers en -afrigters gesels om jou toe te rus met wetenskapsgebaseerde kennis wat ook jou behoeftes in ag neem sodat jou hond in die regte wêreld kan floreer

DIE VIERVOET-EVOLUSIE • Honde was die eerste diere wat hul wilde bestaan vir ’n makker lewe verruil het – en sedertdien bly hulle aan ons sy. Die presiese evolusie van hierdie viervoetige vriende van ons bly onseker, maar volgens verskeie bronne is hul voorvaders bekend as Canis lupus – hulle was, met ander woorde, wolwe

ONS WOEFLYS • Van Instagram-sensasies tot dapper dienshonde – dié rass het ons harte gewen en ons rusbanke oorgeneem se

FUR-ALTYD- HUIS • WANT ELKE VIERBEEN VERDIEN EEN

HOU KOP &VERMY 'N FLOP

VOLWASSE OF BABAHOND?

OP SOEK NA ’N GESINSHOND?

MIN RUIMTE, KLEIN HOND?

LAE-ENERGIE GESELSKAP

WORD ’N PLEEGOUER • Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging (SAGDA) lei honde op wat spesifiek geteel is om te lei, dien en ondersteun. Hulle is altyd op soek na pleegsorggesinne wat kan help om hierdie toekomstige kamerade op te lei.

DINK JY DAARAAN OM ’N GEREDDE HOND AAN TE NEEM? • Gedragskenner Leigh Shenker werk dikwels met geredde honde. Hier is haar lysie om jou te help besluit of dit by jou leefstyl sou pas om ’n lewe te red:

PAMPERLANG DAAI PELS • Of dit nou glad of wollerig is, elke hond se pels moet versorg word. By sommige honde gaan dit net gepaard met meer drama en hare wat waai as by ander. Ons het professionele hondeversorger Mandy Brookes gevra om ons te help om pelsfeite (en -geite) uit te pluis sodat jy jou harige vriend met selfvertroue kan kies.

MY HOND, MY LEWENSLYN • Honde het nie alleen die toets van die tyd deurstaan nie, hulle het ook ontwikkel tot ’n lewenslyn wat mobiliteit, stabiliteit en stille kameraadskap bied waar gestremdheid, siekte of emosionele swaarkry dit moeilik maak om die wêreld te navigeer.

SOORTE ONDERSTEUNINGS-EN MEDIESE DIENSHONDE • Wanneer iemand wat ’n ondersteuningshond benodig Honey’s Garden nader, vereis Lucy en haar span eers ’n bevestigingsbrief van die persoon se spesialis of dokter wat die toestand en die behoefte aan ’n hond in openbare plekke verduidelik.

“MY HOND, MY EMOSIONELE REDDING”

VAN POTE TOT ORE • ALLES OOR HOND-VERSORGING

ELKE HOND… KRY SY DAG • Swart-en-wit bly die mees treffende en tydlose mansmodekleurkombinasie. Van informeel tot semi-formeel, altyd ’n wenner. Laat Ewan Strydom en Irshaad Ally jou wys hoe – saam met die mens se beste vriend. En dis nie sommer enige honde hierdie nie: Hulle is almal gidshonde in wording!

CELEB-HONDE • VAN LASSIE TOT SNOOPY

VREDE MET VERANDERING • Om te verhuis, ’n baba te verwelkom of ’n nuwe troeteldier te kry, kan soos emosionele sweepslag voel. Waar ons mense op koffie en groepsgesprekke kan reken om ons te help aanpas, bly honde dikwels in die duister oor waarom hul gunstelingslaapplek skielik ’n wiegie huisves. Maar moet jou nie...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans